, , ,

Anrie se Buustelyfie

R1,199.00

Hierdie is nie net ‘n buustelyfie nie, maar ‘n herinnering aan die verlede wat ons inspireer om die toekoms met ‘n nuwe visie te omhels.

Die ontwerp geïnspireër uit die oudedoos neem ‘n rebelse wending vanaf die tradisionele buustelyfies uit die 16de eeu, ‘n tyd waar prag en krag in een asemhaling kon verenig.

Die betowerende ontwerp skep nie net ‘n dramatiese voorkoms nie, maar gee ook ‘n nostalgiese en tydlose gevoel.

‘n Eksklusiewe blom-motief kunswerk word digitaal verwerk waarna dit op katoen gedruk word. Hierdie kunswerk is ook te sien op Anrie se Wighakkie en Skoolskoen.

Die buustelyfie word gestruktureer met ‘boning’ om ‘n statige silhoeët te verseker. Die katoen sorg vir ‘n pofmoutjie met net genoeg volume vir dié styl. Die buustelyfie word agter op ‘n verstelbare  manier vasgemaak om te verseker dat dit perfek en gemaklik pas.

Ten einde, ‘n tydlose voorkoms wat uniek en eien aan Naak is.

By Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE. Kies die gratis nommerpas opsie as jy verkies dat ons hierdie ontwerp spesiaal volgens jóu mates maak. Ons sal die patroon daarvolgens gradueer en die kledingstuk op jou groottes maak sodat dit perfek pas!

Ons doen dit met liefde

Met liefde uit die oudedoos

-Produksietydperk = 2 weke

-Kies die Payflex opsie indien jy hierdie produk in rentevry paaiemente wil afbetaal.

Grootte

Kleiner (SS), Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), Grootter (XL), Nog bietjie grootter (XXL), Nommerpas

Shopping Cart