Navrae
Posdiens
Naak maak gebruik van die vinnigste posduif in Suid-Afrika, Aramex.
Alle Naak pakkies word met liefde verpak en saam met ons posduif aan diens, na die gekose aflewerings adres gestuur.
Verskeping:
Die posduif kan by enige adres in Suid-Afrika aflewer.
Neem asseblief kennis dat aflewering na kleiner en/of afgeleë dorpe ‘n ekstra dag kan neem.
Sodra jou bestelling bevestig is sal jy outomaties ‘n bewys van bestelling per e-pos ontvang.
Wanneer jou bestelling uitgestuur word sal jy ‘n tweede e-pos ontvang wat jou in kennis stel dat jou pakkie gepos is. Jy sal ‘n naspeurnommer ontvang waarmee jy jou pakkie kan volg en opspoor.
Hou jou Naak pakkie se vordering dop deur die betrokke naspeurnommer op Aramex se tuisblad in te vul by: www.aramex.com
Ons streef daarna om altyd so gou moontlik pakkies uit te stuur, maar dit kan gebeur dat die proses verleng word a.g.v. faktore buite ons beheer soos industriele aksie.
Afleweringsperiodes kan wissel op grond van faktore soos ligging, naweke en publieke vakansiedae.
Internasionale Verskeping
Enige Naak item kan wêreldwyd gepos word en alle internasionale-verskepings word deur ons kantoor behartig.
Stuur asseblief jou versoek deur na info@naakofficial.com
Om ‘n Internasionale Bestelling te plaas moet jou e-pos die volgende inligting bevat:
- Jou inkopie-lys / naam van die produkte wat jy wil koop.
- Volle Naam en Van van die persoon wat die produk gaan ontvang.
- Die Volle adres waarheen die pakkie gestuur word.
- Die kontaknommer van die persoon wie die pakkie stuur asook die persoon wie die pakkie gaan ontvang.
Produksie
Naak is ‘n klein besigheid wat handgemaakte, plaaslike produkte vervaardig en verkoop.
Hierdie items word nie in massa-produksielyne vervaardig nie en party van ons items word deur slegs een persoon gemaak van begin tot einde. Daar kan dus soms ‘n wagperiode op sekere van ons produkte wees.
Produksietydperk van Ontwerpersdrag:
Jou kledingstuk word met liefde gemaak.
In die hartjie van Kaapstad, in ‘n klein fabriek, het ons ‘n span van 5 dames wat sny, knip en stik.
Die dames werk nie in ‘n massa-produksielyn nie en daarom kan die produksietydperk van jou Naak kledingstuk tot en met 10 werksdae neem om gemaak te word.
Indien jy gebruik maak van ons ‘GRATIS NOMMERPAS’ opsie kan die produksie daarvan tot en met 15 werksdae neem.
Produksie van Voetspore
Ons skoene word handgemaak uit egte leer en word dus nie in massa-produksielyne vervaardig nie. Party van ons skoene, soos gespesifiseer op die produkbladsy word deur slegs een persoon gemaak van begin tot einde.
Die Blom Vellies word uit egte leer gemaak waarop ons ‘n blom motief laat druk.
Die drukwerk hiervan neem gewoonlik 5-10 werksdae en die maak van die vellies nog 5-10 werksdae, daarom spesifiseer ons dat die ‘Blom Vellies’ tot en met 25 werksdae kan neem vir produksie indien ons nie voorraad het nie.
Sekere van ons leer skoene, soos gespesifiseer op die produk bladsy, word uit beesleer gemaak waarvan die kleur soms mag verskil.
Produksie van Naak Baba:
Naak Baba skoentjies word deur een persoon, handgemaak uit egte leer en produksie daarvan kan tot en met 10 werksdae neem.
Produksie van Bykomstighede
Die handsakke word deur een persoon handgemaak uit egte leer en produksie daarvan kan tot en met 10 werksdae neem.
Betaling Metodes
Payfast (‘n eksterne party met hul eie prosedures) bied die beste en veiligste manier van betaling. Volg die nodige stappe en instruksies om jou betaling te voltooi. Sodra jou betaling suksesvol is, sal jy per e-pos ‘n bewys van jou bestelling en betaling ontvang.
Indien jy nie van die eksterne party se fasiliteite wil gebruik maak nie en eerder ‘n direkte bestelling wil plaas is jy meer as welkom. Jy kan jou bestelling per e-pos na ons toe stuur waarna ons vir jou ‘n faktuur sal uitmaak vir betaling.
U persoonlike inligting is agter veilige netwerke vervat en is slegs toeganklik vir ‘n beperkte aantal persone wat spesiale toegangsregte het tot sulke stelsels en moet die inligting vertroulik hou. Daarbenewens word alle sensitiewe / kredietkaart-inligting wat u verskaf, geïnkripteer via Secure Socket Layer (SSL) tegnologie.
Omruilings & Terugbetalings
Indien jou produk nie pas nie, sal ons dit met liefde omruil!
Stuur gerus jou produk, met jou Naam, Van en bestelnommer na die volgende adres:
Besigheid: NAAK
Dorp: Karoo (Douglas) Maak oop in 2025
Poskode: 8730
Neem asseblief kennis dat alle versoeke vir ‘n omruiling of terugbetaling per e-pos na ons toe gestuur moet word. Ons hanteer ongelukkig nie enige omruilings of terugbetalings telefonies, per Whatsapp of via Sosiale Media nie.
Stuur asseblief jou versoek, met jou Naam, Van en bestelnommer na info@naakofficial.com
Let asseblief op die volgende:
- Die onus rus op die kliënt om die posdiensfooi te dek om die omgeruilde produk weer terug te stuur.
- Terubetalings of omruilings is nie van toepassing op kledingstukke wat op die ‘GRATIS NOMMERPAS OPSIE’ gemaak is nie, juis omdat ons dit spesiaal volgens jóú mates gemaak het.
- Omruilings of terugbetalings sal nie geskied op produkte wat foutief of beskadig is nie.
- Om jou omruiling of terubetaling te voltooi, vereis ons ʼn kwitansie of aankoopbewys. Hiersonder sal ons nie jou produk kan omruil nie.
- Indien jy ʼn terugbetaling ontvang, sal die koste van verskeping van jou terugbetaling afgetrek word.
- Terubetalings sal geskied op oorspronklike bedrag van aankope.
Bepalings & Voorwaardes:
- Om in aanmerking te kom vir ʼn terugbetaling, moet die item ongebruik wees en in dieselfde toestand as waarin jy dit ontvang het.
- Produkte wat teen ‘n afgemerkte prys of winskopie gekoop word kan nie omgeruil word vir ‘n ander grootte, produk of krediet nie.
- Ons beleid maak voorsiening vir 30 dae om produkte terug te stuur. Indien 30 dae verloop het sedert jou aankope, kan ons ongelukkig nie vir jou ʼn terugbetaling of omruiling aanbied nie.
- Indien jy ‘n item ontvang het wat beskadig is, moet jy kliëntediens binne 48 uur kontak vanaf die produk afgelewer is.
-
In sekere gevalle kan net gedeeltelike terugbetalings toegestaan word (waar van toepassing) vir:
Kledingstukke of items wat duidelike tekens toon van gebruik- Enige item wat nie in die oorspronklike toestand is nie.
- Enige item wat beskadig is, wat nie ons fout is nie; en/of
- Enige item wat teruggestuur word ná 30 dae na aflewering.