Skoen grootte | Size | 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 |
---|
Rabbedoe
R1,090.00
Die Rabbedoe volg die lyne van ‘n elegante, spesiaal ontwerpte mode skoen. Die stylvolle vellies word handgemaak met die grootste sorg en presiesie en vervaardig deur ons goeie vriendin, Esthe Leather in die hartjie van Stellenbosch.
Gemaak van egte volgraan beesleer, ‘n sagte leer binnevoering en rubber sole, met sy lint veters en afknyp-aksente sorg dit vir die perfekte middeloorgang tussen gemaklike en aantrekskoene – stylvol en gemaklik!
Om te verseker dat dié skoentjie jou perfek pas, meet jou voetjie vanaf die voorkant van jou groot toon / middel toon to agter teen jou hak.
By Naak vier ons elke vrou en haar unieke styl, daarom bied ons vir jou ‘n opsie om die skoen ook in ‘n ander kleur te bestel. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos indien jy ‘n unieke bestelling wil plaas.
Goeie dinge vat tyd, produksietydperk = +- 10 werksdae



Shop Online
and fill your cart
Choose Payflex at checkout
Get approved and
pay 25% today
with your debit
or credit card
Pay the remainder
over 6-weeks.
No interest.
No fees.