Willemiena se Pienk Wighak

R1,049.00

Vervaardig deur ons goeie vriendin Esthé Leather, in die hartjie van Stellenbosch bring ons vir jou ‘n outentieke ontwerp, perfek by enige uitrusting.

Die mode skoen word handgemaak uit egte volgraan beesleer en met ‘n sagte leer binnevoering.

Die wighak word afgerond met die mooiste kunshout tekstuur en verstelbare enkelriem sal sorg dat die skoentjie gemaklik pas.

Die vertikale stiklyn sorg vir ‘n simmetriese aansig wat die skoen effe hoër laat vertoon.

Met sy afknyp-aksente en net die regte hoogte sorg die skoen vir die perfekte middeloorgang tussen gemaklike en elke-dag-aantrekskoene – stylvol en gemaklik!

Om te verseker dat dié skoentjie jou perfek pas, meet jou voetjie vanaf die voorkant van jou groot toon / middel toon to agter teen jou hak.

By Naak vier ons elke vrou en haar unieke styl, daarom bied ons vir jou ‘n opsie om die skoen ook in ‘n ander kleur te bestel. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos indien jy ‘n unieke bestelling wil plaas.

Goeie dinge vat tyd, produksietydperk = +- 10 werksdae

Clear
SKU: N/A Category:
Skoen grootte | Size

3, 4, 5, 6, 7, 8, 9

Shopping Cart