Grootte | Kleiner (SS), Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), Grootter (XL), Nog bietjie grootter (XXL), Nommerpas |
---|
Die Naak Romp
R1,299.00
Naak se handgeverfde blom motief word op ‘n katoen linne afgedruk waarna die romp handgemaak word.
Ons is verlief op die ontwerp en silhoeët van die romp wat nét genoeg volume bied om deel te vorm van jou daaglikse kleredrag, maar ook genoeg trefkrag het vir ‘n glansgeleentheid.
Die breedte van die middellyfband komplimenteer enige liggaamsbou en dra by tot ‘n verslankte voorkoms.
Laastens word die Naak Romp afgerond met pragtige knopies waarop ons handelmerk ingegraveer is en ingeplooide valle aan die onderkant.
By Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n
GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Kies die gratis nommerpas opsie as jy verkies dat ons hierdie ontwerp spesiaal volgens jóu mates maak.
Ons sal die patroon daarvolgens gradueer en die kledingstuk op jou groottes maak sodat dit perfek pas!
Ons doen dit met liefde
Met liefde uit die oudedoos
-Maak gebruik van die Payflex opsie indien jy die produk in rentevry paaiemente wil afbetaal.
-Die kledingstuk word handgemaak en plaaslik vervaardig. Dit word nie in ‘n massa produksielyn vervaardig of ingevoer nie, so produksie van die item mag tot en met 3 weke neem.



Shop Online
and fill your cart
Choose Payflex at checkout
Get approved and
pay 25% today
with your debit
or credit card
Pay the remainder
over 6-weeks.
No interest.
No fees.
- You must be over
18 years old - You must have a valid
South African ID - You must have a debit or credit card
issued by Mastercard, Visa or Amex
Related products
-
Sale!
Out of stock
Reviews
There are no reviews yet.