Grootte | Kleiner (SS), Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), Grootter (XL), Nommerpas |
---|
Sarie Marais
R519.00
Sarie Marais weet, die kuns om klassiek en modern te meng, lê in die kontras.
Hierdie dramatiese bloes met deurskynende insetsels skep nie net ‘n treffende voorkoms nie, maar ook ‘n klassieke een.
Die kraag
Die swart bloes word uit ‘n duursame rek katoen gemaak en die boonste geplooide kragie, in tulle.
Laastens word die bloes afgerond met ‘n fyn tulle randjie wat deur middel van rygplooitjies sorg vir die mooiste detail.
By Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n
GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Kies die gratis nommerpas opsie as jy verkies dat ons hierdie ontwerp spesiaal volgens jóu mates maak.
Ons sal die patroon daarvolgens gradueer en die kledingstuk op jou groottes maak sodat dit perfek pas!
Ons doen dit met liefde
Met liefde uit die oudedoos
Hoe is sy gemaak?
Die kraag van die bloes word heel eerste gemaak. Die tulle gedeelte van die kragie word met rygsteke op die perfte wydte geplooi en tussen die katoen kraag panele vas gestik en dan na buite gedraai. Die kragie word agter met ‘n mooi knopie afgerond.
Die volgende stap is om die bogenoemde gedeelte in die nek holte in te pas. Om dit te doen word die skouer nate vasgestik en die nekholte met die hand ingeryg totdat dit perfek in mekaar pas. Daarna word dit versigtig in plek vasgestik.
Sodra die lyfie se bors pylnate en snynate netjies vasgestik is, word dit aan die boonste tulle gedeelte vasgewerk.
Die fyn tulle randjie word dmv ryplooitjies op die snylyn perfek vasgewerk.
Laastens word die hempie onder omgesoom.
Ons maak dit met liefde
#metliefdeuitdieoudedoos



Shop Online
and fill your cart
Choose Payflex at checkout
Get approved and
pay 25% today
with your debit
or credit card
Pay the remainder
over 6-weeks.
No interest.
No fees.
- You must be over
18 years old - You must have a valid
South African ID - You must have a debit or credit card
issued by Mastercard, Visa or Amex
Related products
-
Sale!
Out of stock