Die Naak Handsak: Breyten Breytenbach

R1,199.00

“Net duskant die wingerd groei ‘n mak roos

mensig maar die lug is knypskoon”

– Breyten Breytenbach

 

Eksklusief aan Naak, bring ons vir jou ‘n tydlose handsak uit die oudedoos.

Die egte leer handsak word met ‘n sagte mostertkleur fluweel gevoer aan die binnekant en het Hertex se blommateriaal aan die buitekant.

Dié gestruktureerde sak het ‘n egte leer basis onder en ‘n verstelbare leerband wat ook afgehaal kan word.

Eers word die ingevoerde handvatsel sorgvuldig per hand vasgeryg en daarna word ons Naak handelsmerk vasgewerk.

Met liefde

Met liefde uit die oudedoos 

 

Let asseblief daarop dat ons huidiglik nie die spesifieke handsak in voorraad het nie. Hierdie handsak word  handgemaak  en die produksietydperk sal ongeveer 2 weke wees.

Afmetings in cm:  25(L) x 30(W) x 24(H)

Categories: ,
Shopping Cart