| Skoen grootte | Size | Kind 3 (12.7cm), Kind 4 (13.5cm), Kind 5 (14.3cm), Kind 6 (15.2cm), Kind 7 (16cm), Kind 8 (16.9cm), Kind 9 (17.7cm), Kind 10 (18.6cm), Kind 11 (19.4cm), Kind 12 (20.3cm), Volwasse 2, Volwasse 3, Volwasse 4, Volwasse 5, Volwasse 6, Volwasse 7, Volwasse 8, Volwasse 9 |
|---|
Ontmoet Wilde Willemien – ’n stout, stylvolle vellie wat klassieke veldskoen-erfenis kombineer met ’n speelse, moderne draai. Met haar opvallende luiperdprint-leer, helder pienk veters en kenmerkende pienk rubber-sool bring dié skoen ’n bietjie wilde sjarme na enige uitrusting.
Die Wilde Willemien is geïnspireer deur die tydlose Suid-Afrikaanse vellie, maar met ’n meer modebewuste gevoel. Haar lae snit, egte leer en ligter, dunner sool maak haar gemaklik genoeg vir elke dag – van ’n oggend in die dorp tot ’n rustige stap deur die wingerde.
Die Wilde Willemien is veelsydig deur al die seisoene – dra haar met ’n ons Feë prinses Romp in swart of met ‘n lekker denim broek.
Die skoentjies word handgemaak en nie in ’n massa-produksielyn vervaardig nie — goeie dinge vat tyd. Daarom is die produksietydperk 2–4 weke. Die leer- en drukproses is tydsaam, en elke paar word met besondere sorg en aandag aan detail vervaardig.
Indien jy die produk wil afbetaal, kan jy gerus van ons Payflex– of PayJustNow-opsies gebruik maak.












Reviews
There are no reviews yet.