Skoen grootte | Size | 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 |
---|
Reisiger
R1,159.00
Vervaardig in die hartjie van Stellenbosch bring ons vir jou ‘n outentieke ontwerp, perfek vir jou troudag, werksdag en tog ‘elke dag’.
Die mode skoen word handgemaak uit egte leer met ‘n sagte leer binnevoering.
Die verstelbare enkelriem sal sorg dat die skoentjie so gemaklik pas, jy sal heel aand wil dans!
Met sy afknyp-aksente en net die regte hoogte sorg dit vir die perfekte middeloorgang tussen gemaklike en elke-dag-aantrekskoene – stylvol en gemaklik!
By Naak vier ons elke vrou en haar unieke styl, daarom bied ons vir jou ‘n opsie om die skoen ook in ‘n ander kleur te bestel. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos indien jy ‘n unieke bestelling wil plaas.
Goeie dinge vat tyd, produksietydperk = +- 10 werksdae