Onthou jy nog die dae toe jy met vol spoed op die pedaal van jou fiets gespring het, wind deur jou hare, son op jou wange?
Toe jou tekkies op die grond gebriek het by die rondtomtalie en julle gelag het tot jou maag seer was?
Of hoe jy met jou tekkie die agterdeur oopgeskop het, net betyds vir middagete, en alles net weer so eenvoudig en warm gevoel het soos in daardie ou dae?
Nostalgie is ontwerp vir daardie einste gevoel.
Vir die herinneringe wat nooit vervaag nie, vir die eenvoud en warmte van ’n tyd toe dinge nog stadig en opreg was.
’n Tydlose, ouwêreldse tekkie — gemaak om jou terug te neem na waar dit alles begin het.
Tydloos. Elegant. Handgemaak met liefde.
Die Nostalgie Tekkie is ’n huldeblyk aan ware vakmanskap — gemaak van die fynste beesleer wat mettertyd net sagter en mooier word. Elke paar word met sorg handgemaak en plaaslik vervaardig, sodat jy nie net skoene dra nie, maar ’n storie van trots en tradisie.
Met sy ortopediese ontwerp bied die Nostalgie ongeëwenaarde ondersteuning — perfek vir dié met sensitiewe of probleemvoete. Binne-in wag ’n sagte voering van egte varkleer, wat natuurlike ventilasie verseker en keer dat jou voete sweet, selfs op die warmste dae.
Dis ’n skoen wat saam met jou leef, wat mooier word met elke tree — elegant genoeg vir elke geleentheid, sterk genoeg om jare te hou.
-2 jaar waarborg
-Afbetaalbaar in rentevry paaiemente via Payflex of Payfast
-Produksietydperk: 3-4 weke
Pay over 3 EQUAL zero-interest
instalments ofR533.00 with PayJustNow. Find out how...
HOW IT WORKS
PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.
Browse online or in-store and proceed to check-out
Choose PayJustNow as your payment method
Create your account and get an instant approval decision
Ons raai jou aan om jou normale SA/UK-skoengrootte te bestel. Naak-skoene word plaaslik vervaardig en met die hand gemaak volgens standaard SA/UK-skoenleeste, en is oor die algemeen getrou aan grootte.
Dra jy gewoonlik ’n grootte 5? Dan beveel ons ’n grootte 5 aan. Jy hoef gewoonlik nie groter of kleiner te bestel nie.
Is jy tussen twee groottes, of onseker oor ’n spesifieke styl? Stuur gerus ’n e-pos aan info@naakofficial.com met die naam van die skoen — ons help jou met liefde om die regte grootte te kies. ♡
Ons het die voetmates van die webtuiste verwyder omdat voete maklik verskillend gemeet word. Ons verkies om jou eerder persoonlik te help sodat jou Naak-skoene van die eerste tree af reg voel.
R1,195.00Select options
This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Ek aanvaar al die koekies
GRATIS NOMMERPAS OPSIE
Aanlyn aankope kan oorweldigend raak wanneer dit by mates kom, maar by
Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Naak is die enigste aanlyn-winkel in Suid Afrika wat vir jou klere maak volgens jou mates, sonder enige ekstra kostes.
Ons gee die koper die opsie om ‘n SS / S / M / L / XL te koop, maar dan bied ons ook ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE wat beteken dat ons die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde. Met liefde uit die oudedoos.
Hoe gaan ek te werk?
Jy vul jou mates op die produkbladsy in waarna ons die kledingstuk se patroon volgens jou mates aanpas om te verseker dat die kledingstuk jou perfek gaan pas.
Ons doen dit met liefde
#metliefdeuitdieoudedoos