Grootte | Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L) |
---|
Ouma se Swembroek
R497.00
Geinspireer deur ons eie slagspreek: met liefde uit die oudedoos, bring Naak vir jou ‘n swembroek uit die 50s.
Die mees belangrikste faktor van die ontwerp was eerstens die pas van die swembroek en tweedens die kwaliteit en stikwerk.
Die swembroek sal nommerpas aan enige liggaamsbou sit as gevolg van beide strukke rondom die nek en bors wat verstelbaar is vir enige grootte boesem en dus só ontwerp is vir die nodige ondersteuning.
Die hoë-middel snit is spesiaal so ontwerp om aan te pas by die moderne tyd sodat jou agter kurwes net genoeg wys, maar nie té konswerwatief vertoon soos in die 50s nie.
Die swembroek word spesiaal met ‘n dikker materiaal aan die binnekant gevoer ten einde ‘n gladder voorkoms rondom jou maag en agterstewe te verseker, wat elke duitjie en bultjie mooi wegsteek.
Hoe is sy aan mekaar gesit?
Die kleinste en heel belangrikste detail van die swembroek word heel eerste gedoen; die klein paneeltjie op die bors. Baie tyd en aandag is op die detail van die V-kragie spandeer om te sorg dat die V- punt simetries is en daarna word die bo-steek presies volgens die kurwe met die hand gestik sodat die stikwerk perfek op die vorm moet loop.
Voor ons met die toppie kan begin moet die bande eers gemaak word. Die nek en rug bandjies word individueel met die hand gestik en met die hand na buite omgedraai.
Om die toppie te maak word die ‘polka dot’ materiaal eers aanmekaar gewerk en daarna die voering patroon sodat jy n top van ablei het. Die kraag word in plek gewerk saam met die twee nek bande en word tussen die twee lae, ‘polka dot materiaal’ en voering geplaas en vasgestik. Die rug bandjie word nou ook tussen die twee lae gewerk sodat wanneer dit weer omgekeer word, daar nie nate in die binnekant is nie, maar dat die item glad teen die lyfie lê.
Heel laaste word die broekie gemaak, die voering en materiaal word saam gewerk en n rek word in die middelyf en beenholtes gestik wat dan afgerond word met n naatbedekking stiksel (coverseam).
Pay over 3 EQUAL zero-interest
instalments of R165.67 with PayJustNow.
Find out how...
HOW IT WORKS
PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.

Browse online or in-store and proceed to check-out

Choose PayJustNow as your payment method

Create your account and get an instant approval decision

Complete your transaction
WHAT YOU WILL NEED

BE OVER 18
YEARS OLD

BE AN SA
RESIDENT

HAVE A DEBIT OR
CREDIT CARD

HAVE A VALID
EMAIL ADDRESS
0% INTEREST. 3 PAYMENTS. NO STRESS.
WHY PAY ANY OTHER WAY?