,

Ella se ‘Elkedag’

R1,160.00

Ella se skoene vir elke dag, is beslis die paar in jou kas wat by alles pas, perfek vir enige seisoen, perfek vir elke uitstappie, elke liewe dag.

Die ‘elkedag’ vellie volg die lyne van ‘n elegante, spesiaal ontwerpte mode skoen. Dit is handgemaak met die grootste sorg en presiesie. 

Vervaarding deur ons goeie vriendin Esthé Leather, in die hartjie van Stellenbosch bring ons vir jou ‘n handgemaakte skoen uit egte volgraan beesleer, ‘n sagte leer binnevoering en rubber sole.

Met sy oop veters en afknyp-aksente sorg dit vir die perfekte middeloorgang tussen gemaklike en elke-dag-aantrekskoene – stylvol en gemaklik!

 Om te verseker dat dié skoentjie jou perfek pas, meet jou voetjie vanaf die voorkant van jou groot toon / middel toon to agter teen jou hak.

By Naak vier ons elke vrou en haar unieke styl, daarom bied ons vir jou ‘n opsie om die skoen ook in ‘n ander kleur te bestel. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos indien jy ‘n unieke bestelling wil plaas.

Goeie dinge vat tyd, produksietydperk = +- 10 werksdae
SKU: N/A Categories: ,
Skoen grootte | Size

3, 4, 5, 6, 7, 8, 9

Shopping Cart