Die Lyf-flouser

R1,099.00

Die lyf flouser is ‘n figuur liefhebbende rok wat uit ‘n room wit rek-denim gemaak is en spesiaal so ontwerp is vir jou om met selfvertroue te dra.

Die dik materiaal kleef soos ‘n handskoen om jou lyf om die mooiste dele van vrou wees te beklemtoon en die middel naat sorg vir ‘n uurglas voorkoms.

Die rok word afgerond met twee treffende moutjies met net genoeg plooitjies op die skouers.

Die rok word oop gemaak met ‘n ritssluiter agter sodat jy nie jou hare deurmekaar hoef te maak om die rok aan te trek nie.

 

 

Hoe is sy gemaak:

10 panele word met die hand uitgesny en gestik.

Heel eerste word die borsmaat gevorm wat afgerond word met belegsel.

Daarna word die middelste paneel (waist band) ingesit om jou middel te beklemtoon vir ‘n slanker voorkoms.

Laastens word die rok afgerond met net twee treffende moutjies. Die moutjies word met twee gare ingeruig om seker te maak dat dit eweredige plooitjies maak reg rondom die skouer. Daarna word die plooitjies vasgestik op die bandjies en die ryggare wat die plooitjies gemaak het, baie versigtig uigetrek.

Deprecated: Function WC_Product::get_price_including_tax is deprecated since version 3.0! Use wc_get_price_including_tax instead. in /usr/www/users/naakogqyhs/wp-includes/functions.php on line 5379
Or split into 4x interest-free
payments Learn more
Clear
SKU: N/A Categories: , ,
Grootte

Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L)

Shopping Cart