’n Unieke kombinasie van kuns, vakmanskap en egte Suid-Afrikaanse styl.
Die pragtige blommotief word eers met die hand geverf, waarna dit digitaal verwerk en met sorg op die leer gedruk word. Elke paar vellies word daarna met die hand gemaak en plaaslik vervaardig, wat elke skoentjie sy eie spesiale karakter gee.
Die vellies word voorsien van tradisionele veters, asook ’n sagte pienk satynlint-veter sodat jy die voorkoms kan verander en jou vellies volgens jou styl kan dra.
Omdat elke paar met sorg en aandag aan detail vervaardig word, neem die maakproses ongeveer 2–4 weke.
Jy hoef nie die volle bedrag op een slag te betaal nie. Maak gebruik van Payflex of PayJustNow en betaal jou vellies gerieflik af.
’n Paar vellies wat nie net mooi is nie, maar met handewerk, liefde en plaaslike vakmanskap gemaak word, eksklusief, slegs by Naak.
Pay over 3 EQUAL zero-interest
instalments ofR398.34 with PayJustNow. Find out how...
HOW IT WORKS
PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.
Browse online or in-store and proceed to check-out
Choose PayJustNow as your payment method
Create your account and get an instant approval decision
Ons raai jou aan om jou normale SA/UK-skoengrootte te bestel. Naak-skoene word plaaslik vervaardig en met die hand gemaak volgens standaard SA/UK-skoenleeste, en is oor die algemeen getrou aan grootte.
Dra jy gewoonlik ’n grootte 5? Dan beveel ons ’n grootte 5 aan. Jy hoef gewoonlik nie groter of kleiner te bestel nie.
Is jy tussen twee groottes, of onseker oor ’n spesifieke styl? Stuur gerus ’n e-pos aan info@naakofficial.com met die naam van die skoen — ons help jou met liefde om die regte grootte te kies. ♡
Ons het die voetmates van die webtuiste verwyder omdat voete maklik verskillend gemeet word. Ons verkies om jou eerder persoonlik te help sodat jou Naak-skoene van die eerste tree af reg voel.
Aanlyn aankope kan oorweldigend raak wanneer dit by mates kom, maar by
Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Naak is die enigste aanlyn-winkel in Suid Afrika wat vir jou klere maak volgens jou mates, sonder enige ekstra kostes.
Ons gee die koper die opsie om ‘n SS / S / M / L / XL te koop, maar dan bied ons ook ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE wat beteken dat ons die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde. Met liefde uit die oudedoos.
Hoe gaan ek te werk?
Jy vul jou mates op die produkbladsy in waarna ons die kledingstuk se patroon volgens jou mates aanpas om te verseker dat die kledingstuk jou perfek gaan pas.
Ons doen dit met liefde
#metliefdeuitdieoudedoos