Plaaslik ontwerp • Aflewering in Suid-Afrika R140
AF EN
0

Bergbruidjie

R1,499.00

Die Bergbruidjie is ’n unieke, tydlose leerskoen met ’n romantiese sjarme — ontwerp vir die vrou wat iets besonders wil dra.

Haar unieke ontwerp en kenmerkende gevoude leer detail maak haar anders as enige gewone leerskoen. Die leer word met sorg gevou en gevorm om die sagte, speelse detail aan die voorkant te skep — ’n besonderse ontwerp wat die skoen haar eie karakter gee.

Die Bergbruidjie is ’n oorspronklike plaaslike ontwerp, en die skoentjies word met liefde deur Esthé Leather in Stellenbosch vervaardig. Jy weet dus jy dra nie sommer net nog ’n skoen nie, maar ’n unieke ontwerp wat jy nie op elke ander voet gaan raakloop nie.

Die skoentjies word van egte volgraanleer gemaak. Omdat leer ’n natuurlike produk is, kan die kleur skakering en tekstuur effens van paar tot paar verskil. Hierdie natuurlike variasies is deel van die skoonheid van die leer en maak elke paar uniek.

Die gekussingde binnesole sorg vir ekstra gemak, terwyl die varkleervoering ’n sagte en luukse gevoel teen die voet gee.

Elke Bergbruidjie word met sorg gemaak en het ’n produksietydperk van 10–25 werksdae (maksimum).

Jy kan jou Bergbruidjie ook sommer rentevry in paaiemente afbetaal met Payflex of PayJustNow.

Pay over 3 EQUAL zero-interest instalments of R499.67 with PayJustNow.
Find out how...

HOW IT WORKS

PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.

Browse online or in-store and proceed to check-out

Choose PayJustNow as your payment method

Create your account and get an instant approval decision

Complete your transaction

WHAT YOU WILL NEED

BE OVER 18
YEARS OLD

BE AN SA
RESIDENT

HAVE A DEBIT OR
CREDIT CARD

HAVE A VALID
EMAIL ADDRESS

0% INTEREST. 3 PAYMENTS. NO STRESS.

WHY PAY ANY OTHER WAY?

Bêre op jou wenslys

Skoengrootte ♡

Ons raai jou aan om jou normale SA/UK-skoengrootte te bestel. Naak-skoene word plaaslik vervaardig en met die hand gemaak volgens standaard SA/UK-skoenleeste, en is oor die algemeen getrou aan grootte.

Dra jy gewoonlik ’n grootte 5? Dan beveel ons ’n grootte 5 aan. Jy hoef gewoonlik nie groter of kleiner te bestel nie.

Is jy tussen twee groottes, of onseker oor ’n spesifieke styl? Stuur gerus ’n e-pos aan info@naakofficial.com met die naam van die skoen — ons help jou met liefde om die regte grootte te kies. ♡

Ons het die voetmates van die webtuiste verwyder omdat voete maklik verskillend gemeet word. Ons verkies om jou eerder persoonlik te help sodat jou Naak-skoene van die eerste tree af reg voel.

Vir jou

Onlangs bekyk

NAAK / NET VIR JOU

My Naak-gunstelinge

Jou eie versameling van mooi. Gunstelinge word op hierdie toestel gestoor; voorraad word nie gereserveer nie.