Die Glanspaar Vellie is ’n sagte, romantiese weergawe van die klassieke vellie — met ’n besonderse vroulike aanslag en ’n unieke ontwerp wat haar eie karakter het.
Die skoen se elegante oorvleuelende leerpanele en fyn kant-veters gee haar ’n besonderse voorkoms, terwyl die sagte, afgeronde vorm haar gemaklik en tydloos hou. Die kant-veters word met die hand vasgebind en gee die skoen daardie ekstra mooi, delikate detail.
Die Glanspaar is ’n oorspronklike plaaslike ontwerp, en die skoentjies word met liefde deur Esthé Leather in Stellenbosch vervaardig. Jy weet dus jy dra iets besonders — ’n ontwerp wat nie sommer oral te sien is nie.
Die skoentjies word van ’n egte volgraanleer gemaak.
Die gekussingde binnesole sorg vir ekstra gemak, terwyl die varkleervoering ’n sagte en luukse gevoel teen die voet gee.
Elke Glanspaar Vellie word met sorg gemaak en het ’n produksietydperk van 10–25 werksdae (maksimum).
Jy kan jou Glanspaar ook sommer rentevry in paaiemente afbetaal met Payflex of PayJustNow.
Pay over 3 EQUAL zero-interest
instalments ofR398.34 with PayJustNow. Find out how...
HOW IT WORKS
PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.
Browse online or in-store and proceed to check-out
Choose PayJustNow as your payment method
Create your account and get an instant approval decision
Ons raai jou aan om jou normale SA/UK-skoengrootte te bestel. Naak-skoene word plaaslik vervaardig en met die hand gemaak volgens standaard SA/UK-skoenleeste, en is oor die algemeen getrou aan grootte.
Dra jy gewoonlik ’n grootte 5? Dan beveel ons ’n grootte 5 aan. Jy hoef gewoonlik nie groter of kleiner te bestel nie.
Is jy tussen twee groottes, of onseker oor ’n spesifieke styl? Stuur gerus ’n e-pos aan info@naakofficial.com met die naam van die skoen — ons help jou met liefde om die regte grootte te kies. ♡
Ons het die voetmates van die webtuiste verwyder omdat voete maklik verskillend gemeet word. Ons verkies om jou eerder persoonlik te help sodat jou Naak-skoene van die eerste tree af reg voel.
Aanlyn aankope kan oorweldigend raak wanneer dit by mates kom, maar by
Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Naak is die enigste aanlyn-winkel in Suid Afrika wat vir jou klere maak volgens jou mates, sonder enige ekstra kostes.
Ons gee die koper die opsie om ‘n SS / S / M / L / XL te koop, maar dan bied ons ook ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE wat beteken dat ons die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde. Met liefde uit die oudedoos.
Hoe gaan ek te werk?
Jy vul jou mates op die produkbladsy in waarna ons die kledingstuk se patroon volgens jou mates aanpas om te verseker dat die kledingstuk jou perfek gaan pas.
Ons doen dit met liefde
#metliefdeuitdieoudedoos