Vervaardig deur ons goeie vriendin Esthé Leather, in die hartjie van Stellenbosch bring ons vir jou ‘n outentieke ontwerp, perfek vir jou troudag, werksdag en tog ‘elke dag’.
Die mode skoen word handgemaak uit egte volgraan beesleer en met ‘n sagte leer binnevoering.
Die verstelbare enkelriem sal sorg dat die skoentjie so gemaklik pas, jy sal heel aand wil dans!
Dra die wighak by jou rompie, denim of natuurlik jou trourok.
Met sy afknyp-aksente en net die regte hoogte sorg dit vir die perfekte middeloorgang tussen gemaklike en elke-dag-aantrekskoene – stylvol en gemaklik!
Om te verseker dat dié skoentjie jou perfek pas, meet jou voetjie vanaf die voorkant van jou groot toon / middel toon to agter teen jou hak.
By Naak vier ons elke vrou en haar unieke styl, daarom bied ons vir jou ‘n opsie om die skoen ook in ‘n ander kleur te bestel. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos indien jy ‘n unieke bestelling wil plaas.
Pay over 3 EQUAL zero-interest
instalments ofR386.34 with PayJustNow. Find out how...
HOW IT WORKS
PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.
Browse online or in-store and proceed to check-out
Choose PayJustNow as your payment method
Create your account and get an instant approval decision
Ons raai jou aan om jou normale SA/UK-skoengrootte te bestel. Naak-skoene word plaaslik vervaardig en met die hand gemaak volgens standaard SA/UK-skoenleeste, en is oor die algemeen getrou aan grootte.
Dra jy gewoonlik ’n grootte 5? Dan beveel ons ’n grootte 5 aan. Jy hoef gewoonlik nie groter of kleiner te bestel nie.
Is jy tussen twee groottes, of onseker oor ’n spesifieke styl? Stuur gerus ’n e-pos aan info@naakofficial.com met die naam van die skoen — ons help jou met liefde om die regte grootte te kies. ♡
Ons het die voetmates van die webtuiste verwyder omdat voete maklik verskillend gemeet word. Ons verkies om jou eerder persoonlik te help sodat jou Naak-skoene van die eerste tree af reg voel.
Aanlyn aankope kan oorweldigend raak wanneer dit by mates kom, maar by
Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Naak is die enigste aanlyn-winkel in Suid Afrika wat vir jou klere maak volgens jou mates, sonder enige ekstra kostes.
Ons gee die koper die opsie om ‘n SS / S / M / L / XL te koop, maar dan bied ons ook ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE wat beteken dat ons die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde. Met liefde uit die oudedoos.
Hoe gaan ek te werk?
Jy vul jou mates op die produkbladsy in waarna ons die kledingstuk se patroon volgens jou mates aanpas om te verseker dat die kledingstuk jou perfek gaan pas.
Ons doen dit met liefde
#metliefdeuitdieoudedoos