Leestof
Meer oor Naak
Naak [na:k]
(b.nw): ontbloot; onvermom; onbedek; openbaar; heeltemal sigbaar; gestroop; die ware jy
Die konsep vir Suid-Afrika se heel eerste Afrikaanse aanlyn-klerewinkel:
‘n Tydlose klerereeks vir ‘die ware jy’.
Naak.
Eksklusief. Tydloos. Klassiek
‘n Romantiese plek waar sy haar persoonlikheid uitbeeld in styl.
Waar nostalgie en elegansie saamsmelt
Ontwerpersdrag vir die hedendaagse vrou
‘n Handelsmerk sonder pretensie, eerlik. eg.
‘n Speelgrond waar ons vroue omhels met blomme, kleure, teksture en styl.
‘n Gemeenskap waar ons élke vrou vier, in elke grootte, vorm en figuur.
‘n Platform waar kuns en mode ontmoet
Poësie vir die klerekas
Vreugde in Eenvoud
Publikasie
Huisgenoot
Finesse Voelgoed Tydskrif
Kyk-Net
Wie’s jou Poppie
Ons Beleid
Lees asseblief ons beleid noukeurig deur om ‘n duidelike begrip te verky van hoe ons te werk gaan, sosiale media benader, ons werknemers beskerm asook hoe ons jou persoonlike identifiserende inligting versamel, gebruik en beskerm.
Dit is vir ons van uiterse belang om die emosionele welstand en geestesgesondheid van ons werknemers met die hoogste erns te hanteer en teen alle tye te beskerm.
Dit is beleid dat geen werknemer van Naak Pty Ltd nadelig geraak sal word as gevolg van onregmatige diskriminasie of teistering nie. Dit is vir ons baie belangrik dat elke werknemer fisies in ‘n veilige spasie werk, maar ook emosioneel beskerm word teen enige vorm van afknouery, diskriminasie en afpersery, nie net in die werksplek nie, maar ook aanlyn.
Dit is ons beleid om aktiwiteite te onderneem wat vry is van onwettige diskriminasie wat verband hou met geslag, ras, kleur, nasionale herkoms, voorgeslag, godsdiens, geloof, liggaamlike of geestelike gestremdheid, ouderdom, genetiese inligting of enige ander basis wat beskerm word deur federale, staats- of plaaslike wetgewing.
Al sodanige afknouery, haatspraak en diskriminasie is onwettig en sal nie geduld word nie. Ons sal die redelike stappe volg om enige vorm van afknouery, haatspraak en diskriminasie in ons bedrywighede en aktiwiteite te voorkom en ons werknemers daarteen te beskerm.
Alhoewel ons dankbaar is vir elke aanlyn interaksie, kommentaar en aanlyn verkope duld Naak geen vorm van die bogenoemde van ‘n koper, verskaffer of herverkoper nie. Sou ‘n persoon of entiteit nie hierdie reëls en riglyne volg nie, sal hul bestelling outomaties gekanselleer word en ‘n volle terugbetaling sal geskied sonder enige verdere kommunikasie.
Ten slotte en op ‘n ligter noot: Naak glo in deursigtigheid, proffesionaliteit, eerlikheid en opregtheid! Ons glo by Naak in die kwaliteit van ons produkte, maar ook in ons hoë gehalte diens, wat ons glo die rede is hoekom soveel Naak kliënte telkens terugkeer om dit waarvoor ons staan, weer en weer en weer te ervaar. Klop gerus aan ons deur hetsy op sosiale media, ons webwerf of by ons ateljee.
By Naak word ons vriende, familie en kliënte gegroet met ‘n oop hart, ‘n hartlike glimlag en dienslewering van wêreldklasgehalte.
Sosiale media-beleid:
Naak duld nie die gebruik van rassistiese, godsdienstige, seksuele, geslagsgebaseerde, ouderdomsverwante, etniese of gestremdheidsverwante byskrifte of grappies nie.
Onwelkome seksuele kommentaar en ander mondelinge of fisieke gedrag van seksuele aard is ook verbode, sowel as alle vorme van verbale, nie-verbale en fisieke teistering. Alle voorvalle en vermoedelike oortredings moet onmiddellik gerapporteer word.
Privaatheidsbeleid:
Wanneer jy ‘n aanlyninkopie maak, ‘n opname beantwoord, ‘n vorm invul of inligting op ons webwerf insleutel, bekom ons van jou inligting.
Ons gebruik die inligting wat ons van jou insamel wanneer jy inteken vir ons nuusbrief, ‘n opname invul, op bemarkingskommunikasie reageer, die webwerf navigeer of sekere ander werf-kenmerke op die volgende maniere gebruik:
- Om jou ervaring te verpersoonlik en ons toe te laat om die tipe inhoud en produkaanbiedings te lewer waarin jy die meeste belangstel.
- Om ons webwerf te verbeter om jou beter te kan bedien.
- Om ons in staat te stel om jou beter te bedien en op jou kliënte-diensversoeke te reageer.
- Om ‘n wedstryd-, bevordering-, opname- of ander werf-funksie te administreer.
- Om te vra vir graderings en resensies van dienste of produkte.
- Om op te volg op korrespondensie.
- Om die gekose produk na u adres toe te pos soos versoek.
U persoonlike inligting is in veilige bewaringsnetwerke en is slegs toeganklik vir ‘n beperkte aantal mense wat spesiale toegangsregte het tot sulke stelsels en moet die inligting vertroulik hou. Daarbenewens word alle sensitiewe kredietkaart-inligting wat u verskaf, geïnkripteer via Secure Socket Layer (SSL) tegnologie.
Ons implementeer ‘n verskeidenheid sekuriteitsmaatreëls wanneer daar toegang tot u inligting bekom word om die veiligheid van u persoonlike inligting te behou.
Gebruik ons ‘cookies’?
Ja. Cookies is klein lêers wat ‘n webwerf of diensverskaffer oorskakel na u rekenaar se hardeskyf deur u webblaaier (indien u dit toelaat) wat die stelsel of diensverskaffer se stelsels in staat stel om u soekverskaffer te herken en sekere inligting in te win en te onthou. Ons gebruik cookies om ons te help om die items in u inkopielys te onthou en te verwerk.
Dit word ook gebruik om ons te help om jou voorkeure te verstaan. Ons gebruik inligting van vorige of huidige webwerf-aktiwiteite. Dit stel ons dan in staat om nog beter diens aan u te verskaf.
Ons gebruik ook cookies om ons te help om data op te stel oor werf-verkeer en werf-interaksie sodat ons in die toekoms beter ervarings en gereedskap vir die webwerf kan bied.
U kan kies om u rekenaar te waarsku elke keer as ‘n cookie gestuur word, of u kan kies om alle cookies uit te skakel.
U sal in kennis gestel word van enige veranderinge in die Privaatheidsbeleid op ons Privaatheidsbeleid-bladsy.
Indien daar enige vrae oor hierdie privaatheidsbeleid is, kan u ons per e-pos kontak.