Locally designed • South African delivery R140
AF EN
0

Die Naakte Waarheid

Naak [naːk]

(b.nw.) ontbloot · onvermom · onbedek · openbaar · heeltemal sigbaar · gestroop · die ware jy

DIE IDEE AGTER NAAK

Naak is Suid-Afrika se heel eerste Afrikaanse aanlynwinkel, wat in 2017 deur Estelle (Grober) Fourie gestig is.

Die idee was eenvoudig: om ’n plek te skep waar mode, vroue, taal, Suid-Afrikaanse kultuur en kuns bymekaar kom.

Naak gaan daaroor om jouself te wees. Om alles wat nie werklik jy is nie, af te stroop — sonder maskers, sonder voorgee en sonder die behoefte om in iemand anders se prentjie te pas. Om gemaklik te wees met wie jy is. Die Naakte Waarheid, die ware jy.

Van die heel begin af was Afrikaans diep gewortel in die hart van Naak.

Ons wou ’n plek skep wat vars en anders voel, maar terselfdertyd iets in jou wakker maak wat jy reeds ken. Daardie sagte gevoel van “ek ken hierdie” — soos ’n ou liedjie wat jy lanklaas gehoor het, ’n gedig wat jy uit jou kinderdae onthou, die geur van ’n bekende huis, of ’n storie wat jou vir ’n oomblik terugneem na ’n ander tyd. Want daar is iets besonders aan Suid-Afrikaanse nostalgie.
Aan die stories waarmee ons grootgeword het.
Die woorde, die gedigte, die blomme, die patrone en die klein alledaagse dinge wat, sonder dat ons dit besef, deel van ons geword het.

By Naak neem ons graag daardie ou bekende gevoel en gee dit ’n nuwe lewe.

Ons skep iets nuuts, maar met ’n voet stewig in die verlede. Iets modern, maar met ’n stukkie van die Suid-Afrika wat ons onthou, wat ons liefhet en wat ons graag wil bewaar.

HANDGEMAAK

Plaaslike vakmanskap is vir ons besonder kosbaar.

Ons glo dat daar ’n soort magiese verwondering lê in die hande van die mens wat iets maak. In die tyd, geduld, kennis en vaardigheid wat van een paar hande na ’n ander oorgedra word.

Daarom word ons produkte hier in Suid-Afrika vervaardig — handgemaak met liefde, sorgvuldig en stadig.

Vir ons is dit meer as net die maak van ’n produk.

Dit is om mense se handewerk, stories en vaardighede deel te maak van iets wat uiteindelik in jou hande beland.

Kuns en digkuns is verweef in die wêreld van Naak.

Ons hou daarvan om stories, woorde, illustrasies, poësie en kuns tussen ons ontwerpe weg te steek — sodat iets wat jy aantrek of in jou huis plaas, nie net mooi is nie, maar ook iets van homself vertel.

Want miskien is dit juis die mooiste soort ontwerp:
iets wat jou nie net laat kyk nie,
maar jou iets laat voel.

Baie van ons ontwerpe begin letterlik met ’n verfkwas in die hand.

Ons blommotiewe word met die hand geverf — elke blom, elke blaartjie, elke klein detail — waarna die oorspronklike kunswerk op ’n spesifiek gekose materiaal of leer gedruk word om ’n unieke Naak-produk te vorm.

So reis ’n klein kunswerk van ’n leë bladsy, na ’n verfkwas, na materiaal — en uiteindelik na jou.

En wanneer jy dit dra, gebruik of deel van jou huis maak, word dit weer deel van ’n nuwe storie.

Jou storie.

KONTAK | POSBUS

Naak International Pty Ltd

E-pos:
info@naakofficial.com

Sellulêr:
072 754 8334

Kliëntediensure:
Maandae – Vrydae: 09:00–16:00

Posadres vir omruilings / terugsendings:

Naak Pakhuis
The Courier Guy Kiosk
Campbell Street
Douglas
Northern Cape
8730

Wanneer jy ons kontak oor ’n bestaande bestelling, gebruik asseblief jou BESTELNOMMER as verwysing.

FISIESE WINKEL:

Naak in Stellenbosch (112 Dorpstraat) het Karoo toe geskuif.

Ons spasie in die Karoo is nie oop vir die publiek nie en dien slegs as ‘n fisiese aanlynwinkel waar produkte via sosiale media besigtig kan word. Volg ons op Facebook & Instagram.

NAAK / JUST FOR YOU

My Naak favourites

Your own collection of beautiful things. Favourites are saved on this device; stock is not reserved.