Die Mint Tekkie is ’n vars, speelse weergawe van die klassieke tekkie — met ’n unieke sagte mintkleur wat haar onmiddellik laat uitstaan.
Gemaak van egte volgraanleer, is hierdie ’n tekkie wat jy nie net vir een seisoen koop nie. Die kwaliteit leer is gemaak om mooi saam met jou te leef en mettertyd net nóg meer karakter te kry. ’n Tydlose tekkie wat jy vir jare — eintlik vir altyd — uit jou kas sal wil haal. 🤍
Die sagte pienk veters voeg ’n subtiele, vroulike detail by die vars mintkleur en maak die ontwerp net daardie bietjie meer besonders.
Die Mint Tekkie is ’n oorspronklike plaaslike ontwerp, en word met liefde deur Esthé Leather in Stellenbosch vervaardig. Elke paar word met sorg gemaak — ’n spesiale ontwerp wat nie sommer oral te sien is nie.
Vir ekstra gemak het die tekkie gekussingde binnesole en ’n sagte varkleer-voering aan die binnekant, wat ’n luukse, gemaklike gevoel teen die voet gee.
Omdat leer ’n natuurlike produk is, kan die kleur, skakering en tekstuur effens van paar tot paar verskil. Hierdie natuurlike variasies is deel van die skoonheid van egte leer en maak elke paar uniek.
Elke tekkie word met sorg gemaak en het ’n produksietydperk van 10–25 werksdae (maksimum).
Jy kan jou Mint Tekkies ook sommer rentevry in paaiemente afbetaal met Payflex of PayJustNow.
Pay over 3 EQUAL zero-interest
instalments ofR499.67 with PayJustNow. Find out how...
HOW IT WORKS
PayJustNow allows you to pay for your purchase over 3 payments with 0% interest and no fees. Pay a third at checkout and you get your goods as if you have paid in full. The remaining two instalments are debited on your specified instalment date.
Browse online or in-store and proceed to check-out
Choose PayJustNow as your payment method
Create your account and get an instant approval decision
We recommend ordering your usual South African/UK shoe size. Naak shoes are made locally by hand on standard South African/UK shoe lasts and generally fit true to size.
If you usually wear a size 5, we recommend a size 5. You normally do not need to size up or down.
Between sizes, or unsure about a particular style? Email info@naakofficial.com with the name of the shoe. We would love to help you choose the right size. ♡
We have removed foot measurements from the website because feet can be measured in different ways. We would rather help you personally so your Naak shoes feel right from the very first step.
R1,195.00Select options
This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Ek aanvaar al die koekies
GRATIS NOMMERPAS OPSIE
Aanlyn aankope kan oorweldigend raak wanneer dit by mates kom, maar by
Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE.
Naak is die enigste aanlyn-winkel in Suid Afrika wat vir jou klere maak volgens jou mates, sonder enige ekstra kostes.
Ons gee die koper die opsie om ‘n SS / S / M / L / XL te koop, maar dan bied ons ook ‘n GRATIS NOMMERPAS OPSIE wat beteken dat ons die item spesiaal volgens jou mates vir jou maak. Ons doen dit met liefde. Met liefde uit die oudedoos.
Hoe gaan ek te werk?
Jy vul jou mates op die produkbladsy in waarna ons die kledingstuk se patroon volgens jou mates aanpas om te verseker dat die kledingstuk jou perfek gaan pas.
Ons doen dit met liefde
#metliefdeuitdieoudedoos