, ,

Antjie Krog se Buustelyfie

R1,099.00

Die Buustelyfie, geïnspireër uit die oudedoos neem ‘n rebelse wending vanaf die tradisionele buustelyfies uit die 16de eeu.

Die Resultaat, ‘n tydlose voorkoms wat uniek en eien aan Naak is.

Ontwerp en vervaardig deur Naak, bring ons jou die nuutste toevoeging tot jou herfs klerekas.

Antjie Krog se buustelyfie is soos digkuns vir jou persoonlike styl dié seisoen.

Die betowerende ontwerp skep nie net ‘n dramatiese voorkoms nie, maar gee ook ‘n nostalgiese en tydlose gevoel. Die pofmoutjie en dramatiese kragie bied net genoeg volume vir dié styl

Ons eksklusiewe Antjie Krog kunswerk word digitaal verwerk waarna dit op die gekose materiaal gedruk word. Die bloesie is ontwerp vir enige lyfgrootte en kan ook op jou mates gemaak word. Die buustelyfie is ideaal vir by enige broek omrede jy hom kan insteek. Die buustelyfie maak voor was met ‘n hakie-en-oog metode.

 

By Naak vier ons ‘die vrou’ in elke grootte, vorm en figuur daarom bied ons ‘n

GRATIS NOMMERPAS OPSIE.

Kies die gratis nommerpas opsie as jy verkies dat ons hierdie ontwerp spesiaal volgens jóu mates maak.

Ons sal die patroon daarvolgens gradueer en die kledingstuk op jou groottes maak sodat dit perfek pas!

Ons doen dit met liefde

Met liefde uit die oudedoos

-Die bloesie word handgemaak en nie in ‘n massa produksielyn vervaardig nie daarom kan produksie daarvan tot en met 10 werksdae neem.

-Maak gebruik van die Payflex opsie indien jy die produk in rentevry paaiemente wil afbetaal.

 

Or split into 4x interest-free payments Learn more
SKU: N/A Categories: , ,
Grootte

Kleiner (SS), Klein (S), Gemiddeld (M), Groot (L), Grootter (XL), Nommerpas

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Antjie Krog se Buustelyfie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Shopping Cart