Geskenke
Omskep jou gevoel dankbaarheid, waardering of liefde vir die spesiale mens in jou lewe deur nie net vir jou geliefde ‘n betekenisvolle geskenk te gee nie, maar ook ‘n gedenkwaardige ervaring te bied wat hulle nooit sal vergeet nie.
Van unieke produkte, handgemaakte bykomstighede, oorbelletjies en haar knippies wat elke sak pas kan jy nou jou betekenisvolle geskenk skep deur die volgende stappe te volg:
- Voeg die ‘Naak Geskenkboksie’ in die trollie om te begin.
- Uit die groot verskeidenheid produkte kan jy tot en met 8 produkte kies wat in een boksie pas. Onthou om ‘n geskenkie te kies wat by háár unieke persoonlikheid pas.
- By die kassier, vul jou geliefde se adres in waarby ons die geskenk kan aflewer.
- Indien jy ‘n persoonlike kaartjie wil by voeg, kan jy dit in die nota afdeling inskryf.
- Bestel vandag nog en ons stuur jou boksie binne 24 uur uit.
